In Richmond (KZN) het ds Hans Vonkeman meer as ‘n halfeeu gelede sy werk as sendeling onder die Zoeloes begin. Hij het ‘n sendingstasie, Groothoek, in die midddel van ‘n digbegroeide en ontoeganklike gebied langs die Mkhomazi-rivier opgerig. Van daar af het hy te perd deur die omringende valleie gegaan om die mensen met die evangelie van Jesus Christus te bereik. Oor die jare het ‘n klompie gemeentes danksy hierdie werk ontstaan. In Richmond (KZN) het ds Hans Vonkeman meer as ‘n halfeeu gelede sy werk as sendeling onder die Zoeloes begin. Hij het ‘n sendingstasie, Groothoek, in die midddel van ‘n digbegroeide en ontoeganklike gebied langs die Mkhomazi-rivier opgerig. Van daar af het hy te perd deur die omringende valleie gegaan om die mensen met die evangelie van Jesus Christus te bereik. Oor die jare het ‘n klompie gemeentes danksy hierdie werk ontstaan. 2007 12 25 Rev Vonkeman Verlede jaar was die gemeente van Enkumane die laaste om ingestel te word – die gemeente waaronder die sendingstasie Groothoek ook val. Al vyf sendinggemeentes wat deur Hans Vonkeman begin is, maak deel uit van die GKSA-klassis KwaZulu-Natal Suid.
Die Hollandse sending wat ds Vonkeman en talle andere Nederlandse sendelinge uitgestuur het, is nou besig om stadig maar seker minder betrokke te raak. Hulle verskaf nog finansiële bystand, maar die bestuur van byvoorbeeld die sendingstasie is oorgedra aan die vroeëre sendingkerke, wat daarvoor ‘n trust opgerig het om die stasie te bestuur. Ons kan maar sê die sending het op die stasie altyd met twee hande gewerk: met die Woord en met die daad. Die een hand, dié van die Woord, is nou vasgeheg aan die kerke. Wat van die ander hand?
Kliniek
Die sendingstasie het altyd ‘n groot rol op sosiale vlak in die hele gebied gespeel. Die munisipaliteit hou daar hulle vergaderinge met die gemeenskap, en heelwat organisasies maak gebruik van die fasiliteite van die stasie om hulle werk onder die bevolking te doen, byvoorbeeld inentingsveldtogte. Só kry die evangelie ‘n praktiese toepassing onder die mensen wat die sending van die begin af wou bereik het. Dit gebeur ook deur die werk van die kliniek
Clinic eNkumane RMCVanaf 1967 is daar ‘n kliniek op die sendingstasie. Behalwe vir basiese, mediese sorg word daar ook hulp aan Vigs-pasiënte aangebied, en programmaas vir nasorg georganiseer. Die kliniek is ook verantwoordelik vir ‘n mobiele kliniek wat die areas in die valleie besoek waar daar geen gesondheidsorg beskikbaar is nie. Mense moet partykeer ure stap om ‘n regeringskliniek te kan bereik. Hierdie mobiele kliniek besoek die gebiede al 40 jaar lank met met Christeljke susters om na die pasiënte om te sien. Hierdie mediese werk word deur die Departement van Gesondheid gewaardeer; hulle verleen ook subsidie om die salarisse van die twee susters te betaal – wat nou al meer as R 250 000,00 per jaar beloop. Die sending het altyd met twee handen gewerk, evangelieverkondiging en ook mediese sorg. Nou dat die sending hulle teruggetrek het, het daar een hand sonder liggaam oorgebly: die mediese sorg. Hoe moet ons nou vorentoe beweeg?
Toekoms
Omdat buitelandse organisasies geen mediese werk mag doen in Suid-Afrika nie, het die Hollandse sending reeds lank gelede ‘n amptlike organisasie opgerig wat namens die sending die werk doen. Tans heet hierdie organisasie Reformed Medical Care, wat geregistreer is in terme van die nuwe Maatskappywet 49. Formeel kan die Gereformeerde Mediese Sorg (GMS) die werk soos altyd voortsit. Die sending in Holland het vir vyf jaar die fondse gewaarborg (tot en met 2018). Daarna is die kliniek finansieel op homself aangewys. Alle bestuursverantwoordelikhede berus ook nou by die bestuur van die GMS, wat self moet sien hoe om ná 2018 reg te kom.
Die probleem is egter dat die GMS as organisasie baie klein en swak is. Om die werk selfstandig voort te kan sit, is bykans onmoontlik. Dit word ondersteun deur betalende lidmate, over die hele land versprei; die meerderheid is (hoogs)bejaard, en was nog vriende van ds Vonkeman. Die huidige bestuur kry hulle lede van die GKSA van Pietermaritzburg, ‘n gemeente wat te klein is om hierdie werk as diakonale projek oor te neem. Finansieel gaan dit om ‘n bedrag van meer as R 600 000,00 per jaar (sonder die regeringsubsidie). Die ekspertise om hierdie werk op verantwoordelike wyse te bestuur, ooreenkomstig met die vereistes van die Gesondsheidsdepartement, ontbreek op hierdie oomblik. Wat die GMS nodig het, behalwe geld na 2018, is ‘n organisasie wat hierdie Christelik-diakonale projek wil ooerneem van die huidige bestuur en voortsit in die toekomst. Die een los hand moet weer aan ‘n liggaam vasgeheg word! Dan bly die samewerking tussen die twee hande gewaarborg, ook al is hulle aan twee verskillende liggame geheg. Maar dit kan die voortgang van God se Koninkryk in die omgewing van die sendingstasie alleen maar bevorder.
Oproep
2008 07 20 eNkumane clinicHierdie artikel is geskryf om ‘n oproep te doen binnen die GKSA, ‘n oproep om saam met die bestuur van die GMS na te dink oor die toekoms van hierdie belangrike werk. Ons besef dat die GKSA al baie projekte wat het net so belangrik is. Dit is duidelik dat in die huidige ekonomiese situasie geld nie maklik gevind kan word nie. Dit is ook een van die faktore wat die Hollandse sending noodsaak om hulle geldelike steun te wil verminder. Die ekonomiese resessie knyp oorsee die geldstroom vir goeie projekte af. Maar behalwe aan geld dink ons ook aan instansies wat hierdie Christelik-diakonale projek kan oorneem om dit saam met die GMS voort te sit. Ons verwelkom ook voorstelle van die lesers van die Kerkblad oor hoe ons vorentoe moet beweeg. Miskien is daar moontlikhede waarvan ons nie weet nie. Alle reaksies is baie welkom, sodat ons as GMS ‘n verantwoordelike besluit kan neem oor die toekoms van die mediese sorg in ‘n gebied waar dit nog baie nodig is. So sou ons hierdie teken van God se Koninkryk wat al aangebreek is, kan behou. Tot eer van God!
Bob Wielenga.
My posadres: P.O.Box 13229, Cascades 3202.